Dienste aangebied

Die Ondersoeke, Navorsing en opklaring van ‘Paranormale’ Aktiwiteite in Woonhuise en Besigheidspersele, soos Spokery, Goëlery, Toordery……
Ernst Jordaan tree as Mentor op vir sy studente met wie hy saam navorsing doen. Huidiglik doen hy en sy gesellekteerde studentespan verdiepte nuwe navorsing in:

Die identifisering én opklaring van verskillende vorme van sogenaamde Spokery in woonhuise, besigheidspersele, grondgebiede, wat insluit,

• Die teenwoordigheid van aardgebonde Weses (mense wie se liggame gesterwe het, maar wie as Wese (siel) nie oorgegaan het na die Anderkant toe nie en steeds ‘Spook’.

• Die opklaring van Spookafdrukke in die atmosfeer. (Alles wat soos spoke lyk is nie altyd spoke, of te wel aardgebonde Weses nie en kan maklik verwyder word.

• Opklaring van negatiewe energie wat negatief vibreer en verdere negatiwiteit na so `n plek aanlok. Sulke negatiewe huise en besigheidspersele laat alles en almal daar moeg en of depressief en lusteloos voel, terwyl siektes by bewoners of werkers kan ontvlam en vele meer. Ons verwys altyd na sulke negatiewe huise as ‘plekke waar mense bestaan, nie lewe nie’.

• Die verbanning van demoniese teenwoordigheid soos Pomatsos. Pomatsos is mensgeskepte ‘geeste’ soos mens dit kry in ou Psigiatriese Hospitale. Sulke mensgeskepte geeste tas die bewoners in so `n huis of besigheid negatief aan en kan mense in woonhuise snags teister, gewoonlik in die vorm van `n swart ‘ding’ wat jou verlam en dan bo op jou kom sit, sonder dat jy kan skreeu of om hulp kan roep. Op film vertoon hierdie Pomatsos soos swart verfstrepe.

• Roetokas, kwaai geeste wat voorwerpe en mense rondgooi. Toetokas aktiveer wanneer iemand wie oorlede is nie na die Anderkant kan oorgaan nie. So `n Wese weet hy of sy het nie meer `n vleeslike liggaam om in te lewe nie. Dit grief hulle eindeloos en dan begin hulle potte, panne, ornamente ensomeer rondgooi in `n huis. Gewoonlik waar hulle gewoon het.

• Potselo, die naam van geeste wat in grotte bly. Ja! Waag dit om in grotte in te gaan met die doek om te mors, of om voorwerpe soos Stalagniete en Stalagtiete te verwyder. Hierdie Potselogeeste gaan sorg dat jy beseer word, in die grot verdwaal, of sommer net iets oorkom.

• Toreme, net soos Pomatsos swart geeste wat snags op jou bed of bors kom sit en sorg dra dat jy nie kan skreeu of om hulp kan roep nie. Hulle intensies is glad nie goed nie en kan, as hulle moet, jou aanval of gedeeltelik versmoor, erge nagmerries laat kry en vele meer.

• Moromatsas is Kerk Gargoyles wat somtyds by moderne én ou kerkgeboue gesien word. Hulle neem gewoonlik die kleur van die Kerk se buitemure aan en kamoefleer soos Verkleurmannetjies in om so te sê onsigbaar te wees.

• Saropa. ‘n Negatiewe gits in iemand. Let wel nié `n negatiewe Guide wie saam met jou is nie, maar `n negatiewe Gits in jou liggaam. Positiewe mense wie in negatiewe plekke intrek en redelik lank aan Saropas in so `n plek blootgestel word, begin effe ‘mallerig’ optree. Praat met hulle self, ensomeer.

• Keretas. ‘n Soort aardgebonde Weses wat warm voel waar hulle manifesteer, of teenwoordig is, afhangende van sy of haar as mens se laaste oomblike voor die Sielsverhuising. Gewoonlik verklap `n rondbewegende koue kol van so een meter in diameter die teenwoordigheid van `n negatiewe aardgebonde Wese.

• Keska Zemaro. ‘n Aardgebonde Wese / Wesen van die Zoleta. Zoletas is die verskillende Sataniese en Alien Saadlyne op aarde. Die Bybel wemel van waarskuwings teen sulke Sataniese en Alien Saadlyne op aarde. Hierdie saadlyne se nageslagte se Weses of Wesens (siele) kan nie weer terugkeer na die Hemele demensies nie en sal altyd aardgebonde wees om gewillige mense se liggame oor te neem sodat dié mense kan korrup en moor en steel en alles doen wat teen die Kosmiese Wette is.

• Ropolonzo is negatiewe elemente (verskillende gedagte- en vreesafdrukke) wat op oorlogsvelde saam ‘klot’ en as mens daar rondloop lyk dit of sulke ‘Thought Forms’ (geklotte afdrukke uit menslike breins geskep) aan jou nek spesifiek kleef en aan jou nekpyne (soos spasmas), skouer en hoofpyne besorg.

• Zaria’s is demone wat mens van buite af in jou slaap, of terwyl jy wakker is aanval en kan vermoor, soos die demone in die flieke vanFreddy Kruger in Nightmare on Elm Street. Daar is grade van Magtigheid en van hulle sal jou net krap of name op jou liggaam uitkrap as jy slaap.

• Zopolote. ‘n Bose gees in iemand wat so iemand se persoonlikheid en optrede boos maak. Zoplolote hits die mens in wie of aan wie hy kleef aan om moeilikheid te soek en te maak. Sulke mense sal aandui dat hulle bid en bid, maar dat niks wil help nie. Daar is ‘iets’ in hulle oë om hierdie soort demone aan uit te ken.

• Zito Polaro demoon. ‘n Soort aggressiewe demoon in `n plek soos baie keer in die televisie reeks ‘The Haunted’ te sien is. Hulle gooi mense en objekte rond, tas diere in die perseel aan om buitengewoon en senuweeagtig op te tree. Wanneer hulle verskyn, is dit blitsvinnig en wanneer hulle nie in `n mens is nie, is die hele oë, (wit, Iris en Kyker) robotrooi. Daar is van hulle wie se oë weer `n helder geel is.

• Ruletsa, Bipolêre demoon wat veral aan vroue kleef om soos ‘n plant in sulke ‘oop lewende’ vroue in te groei, totdat hy haar totaal en al oorgeneem het.

• Zolmoro demoon. ‘n Baie gevaarlike demoon uit `n hoë Rang met `n hoë Mag soos in die flieke rondom ‘Paramormal Activity’, en vele meer. Hulle tree deur mense wie hulle oorneem se liggame op om moord te pleeg, te baklei, ensomeer.

• Uluma. Demone met rooi oë wat aan mense kleef an soms skielik agter hulle manifesteer op foto’s. (sien Relema hieronder).

• Relema. Demone met geel oë wat ook op foto’s agter mense manifesteer. Relema, soos Uluma demone is uiters negatief en sal en kan ongelukke veroorsaak, asook baie negatiewe ongelukkigheid vir die agter wie hulle manifesteer.

Moet asseblief nie wag tot die probleem handuit ruk en die kanse op herstel maksimaal verklein nie. Skakel vandag nog. Konsultasiefooie minimaal.

Die meeste van my kliënte wie se florerende Besighede sonder grondige rede skielik agteruit gaan en op bankrotskap afstuur, is ‘toegemaak’, hetsy deur jaloerse oposisie en of mense wie na Toordokters, Sangomas en Slamse gaan om so `n mens of die mens se besigheid of huishouding te vernietig, of bankrot te laat gaan.
Om na `n perseel in Bloemfontein te gaan vir `n ondersoek, gaan die klaer R450 kos en dit sluit nié remedierende middels om die huis of besigheid skoon te maak en te genees in nie. Dit is net om te ondersoek en te diagnoseer wat fout is en dan `n kwotasie te gee wat alles benodig gaan word om die plek te genees en gesond te kry. Dit wil sê indien die plek wél siek of getoor of toegemaak is.
Om `n gemiddelde siek Besigheid gesond te maak, kan tussen R4000 en R12000 beloop, afhangende hoe groot die besigheid se vloeroppervlakte is. Pryse vertoon uitstekend goedkoop teenoor Sangomas en Slamse wie vergelykenderwys R10 000 – R60 000 kwoteer. Ek laat dit in u eie hande om te gaan navrae rig by mense wie wel al van Sangomas en Slamse se dienste(?) gebruik gemaak het. Ek het al male sonder tal siek en getoorde, toegemaakte besighede besoek, net om by die eienaar uit te vind dat hy al honderde duisende rande op Toordokters uitgegee het en niks oor het om die besigheid of gesin van ondergang te red nie. Dan praatr ek van dat die eienaar al R80 000 plus uitbetaal het en niks verander het nie. Noudat ek hom R6 000 kwoteer, het hy dit nie meer oor nie.
My advies aan mense is om eers voortydig navraag oor iemand te doen, voordat van sy of haar dienste gebruik gemaak word. Die Sangoma vra jou niks om te kom kyk nie, maar as sy of hy daar weg is, gewoonlik na `n week of twee, breek al die hel moontlik in so plek los. As jy hom of haar kontak, kom die skokke wat dit gaan kos om die plek reg te maak. Wees dus versigtig.
In Bloemfontein is hier `n Toordokter en hy is manlik. Soos wat hy pamflette versprei tel ander swartes dit op en gee voor dat hulle dié Toordokter is. So het ek `n swartvrou ontmoet wie voorgee sy is die Toordokter, totdat ek genoem het dat ek die Toordokter ken en dat dit `n hy is, nie `n sy nie. Toe draai sy om en hardloop weg. Wees dus versigtig. Maak seker rondom die identiteit van die persoon wie u gaan gebruik.
Besighede buite Bloemfontein en Suid-Afrika, tot so ver as Tula in die Republiek van Rusland (wie onder my kliënte tel) betaal min of meer dieselfde pryse vir remedierende middels. Skakel net, of stuur `n E-pos met u naam, Van, Adres, Selnommer, Besigheidsadres, plus u vrae rondom wat in u besigheid aan die gebeur is. Géén adres op aarde is buite bereik om te help nie. Om die remedierende middels te pos kos nie `n plaas se prys nie. Hulp is beskikbaar vir dié mense wie gehelp wil word.
Ek weet daar is mense wie niks vir hulle self wil doen nie en daarop aandring dat alles vir hulle gedoen moet word. Indien jy so iemand is, moet my asseblief nie skakel nie. Ek help mense wie hulle self wil help.
Mense kan ook getoor word. Toordery is oor die algemeen Wetenskaplik en chemies van aard en samestelling. Of u nou daarin glo of nie, gaan géén verskil maak aan wat met u sal gebeur wanneer u `n toormiddel inkry soos Voopoo, Hapete en of vele ander nie. Nege-en=negentig persent van my kliënte wie rondom toordery kom kla, is Christene wie aanvanklik nie aan sulke dinge ‘glo’ nie en op die hardste maniere moontlik met die realiteit daarvan kennis moes maak. Ongelukkig kom baie van hulle eers by my uit wanneer ek hulle nie meer kan help nie.
Indien u byvoorbeeld iets soos Hapete ingekry het, gaan u maerder en maerder word, totdat u sterwe en geen dokter gaan na honderde duisende rande se ondersoeke in staat wees om die oorsaak van u siekte te diagnoseer nie. Dit is dus van die begin af geld verkwistend om te bly toetse doen vir iets wat nie in toetse gaan wys nie. Indien u of iemand wie u ken siek is, nie gesond wil word nie en die dokters weet nie wat aangaan nie, spandeer `n skamele R250 en kom sien my of e-pos my. As ek u nie kan help nie, gaan ek nie u geld vermors deur oor en oor te probeer en u in die proses geld uit die sak jaag nie. Óf ek kan u help, óf ek kan u nie help nie en dit kos R250 of as ek na u toe moet kom in Bloemfontein self, R450. Nie honderde duisende rande nie.
Indien toordery op u gesin gemik is, gaan u en u man of vrou sonder rede begin baklei en uitmekaar begin beweeg. Dit is so maklik soos dit. Net so min soos jy die realiteit van VIGS kan weg bid, kan jy toordery weg bid. Ek sê weer toordery is chemies en funksioneer met Vibrasies. Gaan lees as voorbeeld my 26 ste Boek in my reeks Beramis Geskrifte en sien hoe sekere toordery werk. Indien u dit nie ken nie, moenie oor die bestaan daarvan debateer nie, want u ken dit nie en mens lewer nie kommentaar oor iets wat jy nie ken nie. Moet ook nie vir jou dominee of pastoor gaan vra om te help nie, want hy weet nog minder iets van Toordery af en hy besef ook nie dat gebed dit nie kan wegneem nie. Indien `n Egiptiese Kobra jou gepik het en jy kry nie baie gou `n ‘anti-vennom’ in jou bloedstroom nie, gaan gebed jou nie red teen die slang se gif nie. Toordery funksioneer op dieselfde beginsel. Sien die realiteit daaragter en moenie wag totdat die ‘gif’ te ver gevorder is vir hulp nie.
Slamse het `n manier om u as Wese (siel) wie bewussyn aan u liggaam gee, siek te maak deur u Chakras af te blok, sonder dat u daarvan weet. Chakras en die funksionering daarvan wys nie in Bloedtoetse, of op Radiologiese ‘X-Strale nie. Wat dan met u gebeur indien u Chakras afgesluit is, gaan u geen beheer oor hê nie en siektes wat nie deur Medici opgeklaar kan word nie, is u voorland. Ek sê weer, u nié-geloof in toordery baie beslis nié die werking van toordery beïnvloed nie. Moet dus nie wag totdat dit te laat is en dan hulp soek nie.

Mense wie Demonies (Duiwels) besete is….
Dit is alom bekend dat die Vatikaanstad se Rooms Katolieke Psigiaters demoniese besetenheid aan siektes soos Bipolêre Gedrag versteurings, Depressie, sommige gevalle van Psigopatie, Skisofrenie en Epilepsie koppel. Kyk gerus na flieke soos The Devil in me.
Ek kry weekliks te doen met mense wie met van bogenoemde siektes gediagnoseer is, maar genees kán word, ás hulle net wil instem om van die demone in hulle ontslae te raak en hulle lewensstyl te verander. Nou ken u die algemene mense in Suid-Afrika. Ten eerste glo hulle nie in goed soos geeste, spoke, toordery en demone nie. Om sulke mense te help is amper nie moontlik nie. Omdat hulle nie in die realiteit van onder andere demone se invloede op mense glo nie, sal hulle nie vir hulp gaan nie en wanneer sake handuit ruk, sal hulle dalk nog instem vir hulp, maar dan wanneer die demoon of demone só diep gewortel is dat dit nie meer uigehaal kan word nie.
Demone funksioneer soos Kanker. Wanneer Kanker eers eenmaak versprei het, is die kanse om so `n mens te help minimaal. Indien sekere demone soos Ruletsa demone té diep in iemand ingegroei het, is die kanse skraal dat so iemand verlos kan word van die demoon of demone in hom of haar.
Te veel mense kyk verkeerdelik na die metodes van ‘uitdrywing’ soos dit in flieke soos The Exorcist, waar die besetene aan `n bed vasgegespe word en met Kerk-heilige water bespat word en die besetene letterlik soos in besete tekeregaan. Meermale om nie van die demone in die besetene ontslae te raak nie.
Ek haal demone uit met behulp van Mantras en dit neem ninder as vyf minute, sonder dat die besetene letterlik besete tekere gaan. In alle respek teenoor die Kerk se metodes, ons lewe nie meer in die donker eeue van uitdrywing nie. Die ergste wat `n kliënt wie met `n Zolmoro demoon besete was my manier van ‘verlossing’ ervaar het, was dat hy net effe duiselig en naar gevoel het toe dit voel asof iets soos jelly uit sy lyf los raak.
Mense sal eerder honderde duisende rande aan Psigiaters en Psigiatriese medikasie spandeer. Veral in gevalle waar die oorsaak van sekere Psiatriese toestande met my manier van ‘verlossing’ genaamd Paratoxa, uitgespreek as Paratoza genees kan word. Ruletsa demone soos ek dit ken is ongelukkig van die demone wat soos Kanker in mens ingroei en as jy jare wag voordat jy by my kom hulp soek, raak die kanse skaraler dat ek jou gaan kan help.
Huise en of besighede kan ook aan iets soos `n Dalmara demoon gekoppel word wat werkers, of sommige werkers as mense met meer as een persoonlikheid laat optree. Ek ondersoek en behandel weekliks sulke gevalle met remedies wat genesing bewerkstellig. Vra liewer as u iets wil weet. beter nog, lees die toepaslike Boeke in my reeks Beramis Geskrifte. Genesing is nie in alle gevalle moontlik nie, maar indien enige van bogenoemde toestande en siektes in vet swart gedrukte letters hierbo, spoedig na identifisering behandel word, is genesing moontlik.
Dit gaan ook nie help u kom vir behandeling en gaan net aan met u lewe soos u aangegaan het toe u die demoon opgedoen het nie. Daar is verskillende maniere hoe mens verskillende demone ‘opdoen’ en indien dit van u verwag gaan word om u lewensstyl effe aan te pas sal u dit moet aanpas. Veronderstel u sit met `n Zama demoon wat u tydens ‘rondslapery’ opgedoen het, gaan dit nie help ek ‘verwyder’ die Zama en dieselfde aand gaan slaap u weer by die persoon wie die demoon aan u oorgedra het nie. Dan sit u maar weer met dieselfde probleem. Die hele lewe gaan oor verskillende vibrasies en die vibrasies wat u uitsein gaan entiteite na u aantrek, volgens die vibrasies wat u uitgesein het.
In sommige gevalle is sekere demone soos byvoorbeeld `n Dalmara aan `n gebou of woonhuis gekoppel en nie aan mense nie. Dan gaan dit nodig wees om die huis of perseel ook te gaan skoonmaak. Selfs dit is nie te veel gevra nie en is relatief goedkoop, met beslisde resultate.
In ander gevalle is dit nodig dat verloste besetenes vir enkele maande daarna sekere Mantras moet resiteer om seker te maak daardie uitgehaalde demone keer nie terug nie.

Die Kosmiese Wette van die Allerhoogste JAWE, prys Sy naam. Baie belangrik vir u lewe se sukses en geluk. Lees dit, leer dit en ken dit. Lewe dit dan ten volle elke dag uit.
Daar is baie verskillende benamings vir die verskillende Kosmiese Wette. In die Engels staan Kosmiese Wette oor die algemeen beter bekend as, ‘Universal Laws’. Wanneer u dié Kosmiese Wette van die Allerhoogste JAWE, prys Sy naam met insig en gefokusheid bestudeer, sal u besef dat elke Kosmiese Wet hieronder genoem, eintlik `n volledige Kosmiese Wetenskap is. U gaan verder agterkom dat die sewe grootste Sondes soos wat hulle in die Christen Bybels deurlopend voorgehou word, elkeen `n oortreding van `n mengelmoes van hierdie Kosmiese Wette en Wetenskappe vorm.
Die sewe grootste Sondes is baie beslis nié oortredings van die sogenaamde Tien Gebooie nie. Die Tien Gebooie was oorspronklik tien woorde wat, indien u my eerste twee Boeke in my saamgestelde reeks Beramis Geskrifte bestudeer, sal agterkom, deur `n Alien god (gevalle god, wie met `n Ruimtetuig op die Berg Sinai neergedaal het aan Moses Gegee is. Hierdie god se naam is Konro. Lees my boek 1 en oortuig uself!
Indien u die teksgedeeltes en hoofstukke in die Christen Bybels voor en na Eksodus 20 in detail bestudeer, sal u sien dat terwyl Moses die volk Jiesra’él uittrap omdat hulle terwyl hy op die berg Sinai was die goue kalf gebou het, was een van die Tien Woorde (Simbole) op die twee kliptafels gewees….Jy mag nié doodslaan nie. Tog gee dieselfde god Kenro wat dié woorde deurgegee het direk daarna opdrag, dat die twee vervloekte stamme onder die twaalf stamme na vore moet kom, naamlik Simeon en Levi, om tussen die laers in te gaan en elkeen sy broer, sy naaste en sy vriend dood te slaan, wat dié twee Godvervloekte volke ook doen. Gaan lees veral my Boek 1 in die reeks Beramis Geskrifte en oortuig uself wie en wat dié god én ander Gode is agter wie die Kerk so aanloop om hulle te aanbid.

Alle Kosmiese Wette staan onder die Hoofwet, REGVERDIGHEID. Alles wat gebeur moet, is en sal altyd, sonder uitsondering Regverdig wees, ongeag hoe u na dit kyk.

1. Die Kosmiese Wet van Eenheid. Dié Kosmiese Wet help ons om te verstaan dat alles in die heelal `n groot eenheid vorm en dat alles wat ons doen, dink en beplan, `n uitwerking op die ‘geheel’ uitoefen. Selfs dit waarin ons glo, het `n uitwerking op alles in die geheel, sienlik en onsienlik, in alle demensies en sub demensies. Doen u nou self `n guns en verduidelik breedvoerig wat u so pas gelees het. Skryf tien sinne daaroor, oor dié spesifieke Wet en verklaar hoe dit in u lewe werk. Doen dit eers volledig, voordat u sinloos die volgende Kosmiese Wet lees. Sê wat u uit elke Kosmiese Wet leer. Onthou, tien sinne elk. Dit help nie u gaan aan met die res as u nie verstaan wat u lees nie. Doen met al die Kosmiese Wette so.
2. Die Kosmiese Wet van Vibrasie. Dié Kosmiese Wet bepaal dat alles in die heelal beweeg, vibreer en in sirkel patrone beweeg. Dieselfde beginsels van vibrasie in die fisiese wêreld is neergelê vir ons gevoel, gedagtes, begeertes en manifesteer wél in die Eteriese ‘wêreld’ wat u nie met u blote oog kan sien nie. Alles, selfs `n gedagte of gevoel het `n eiesoortige, unieke frekwensie. Wat leer u hieruit?
3. Die Kosmiese Wet van Aksie. Sonder die Kosmiese Wet van Aksie, kan ons niks vermag nie. Ons moet deelneem aan ‘bedrywighede’ wat ons gedagtes, drome, emosies, gevoelens en woorde ondersteun en stimuleer. Dit is waar Aksie begin. Drome, gedagtes, begeertes, ensomeer op ons plein, manifesteer in hoër demensies. Wat leer u hieruit?
4. Die Kosmiese Wet van Refleksie. Dié Kosmiese Wet bepaal dat die beginsels of wette van Fisika, wat die sigbare, fisiese wêreld verklaar en verduidelik, soos byvoorbeeld Energie, Lig, Vibrasie en Beweging, `n identiese reaksie in die Eteriese wêreld ontlok. In die Engels word onder andere gepraat van “As above, so below.” Waar sien u dié Wet in aksie in u eie lewe? Onthou, tien sinne.
5. Die Kosmiese Wet van Aksie en die effek van Aksie. In kort, “Wat u saai, sal u maai.” Dié Kosmiese Wet bepaal dat niks wat gebeur per toeval gebeur nie. Elke Aksie het `n reaksie, of `n gevolg wat uit elke Aksie voortvloei.
6. Die Kosmiese Wet van Verdienste. Die Kosmiese Wet van Aksie en Reaksie is gekoppel aan die Wet van Verdienste, byvoorbeeld Seëninge, geld, Gawes, vriendskappe en vele ander. Sien byvoorbeeld die Bybelboek Deurt. 28 & 29. So terloops, kom u agter dat dit sover totaal en al nie klop met die voorhousels van u kerk nie. Waarom is die meeste mense Christene? Wat word hulle voorgehou as senterpunt van Christelike geloof? Daar sterwe die goeie, foutlose vir die misdadigers, sodat u daaruit kan leer dat dit beter is om die misdadiger te wees, want iemand het klaar vir u oortredinge boete gedoen? U moet net daarin glo! Siestog! Dis só onregverdig!
7. Die Kosmiese Wet van Geskape Egtheid of Suiwerheid. Ongeag die Wet van ‘soort soek soort’, bepaal dié Kosmiese Wet van Egtheid en Suiwerheid, dat verbastering nie mag plaasvind onder enige iets wat die Allerhoogste en Sy Skepper gode geskape het nie. Elke blom, dier, boom, ras en voëlsoort is spesifiek volgens die Raadsplan van die Allerhoogste geskape, vir `n spesifieke doel in die totale Kosmos. Wanneer twee verskillende bokke byvoorbeeld verbaster, verbreek die ég van daardie twee rasse. Daarom dat vrywillige verbastering in die Natuur feitlik ongekend is. Dis net mense wie volke laat verbaster. Die resultaat daarvan lei tot verval en later tot totale vernietiging van die mensdom. Dink aan die Hebreeuse Wet in die Tien Gebooie, naamlik “Jy mag nie EGBREEK pleeg nie.” Baie mense sien dit as ‘egskeiding’, byvoorbeeld twee mense wie hulle huwelik laat ontbind. Die Hebreeuse woord vir die woord ‘ég’, soos in ‘egbreek pleeg’, is MAMZER en beteken VERBASTERING. Boesmans in hulle oorspronklike, nie uitgebasterde egtheid is met natuur Engele en natuur Elemente in kontak en weet dae vooruit waar weerlig `n brand gaan laat ontstaan, asook presies watter gebiede deur die brand in puin gelê gaan word. Verbaster daardie Boesmans en hulle nageslag verloor dié Gawe.
8. Die Kosmiese Wet van Aantrekking. Dié Kosmiese Wet verklaar hoe ons deur ons ingesteldheid, denke, dade, woorde en emosies mense en gebeurlikhede in ons eie lewe skep en na ons toe aantrek. Dié Wet gaan oor ‘soort soek soort’. Ons gedagtes, woorde, gevoelens en aksies produseer energie wat soortgelyke energie na ons aantrek. Positiewe energie trek positiewe energie na ons toe aan, terwyl negatiewe energie, negatiewe energie na ons toe aantrek. Indien u dus negatief is, of in `n negatiewe gemoedere toestand is, straal u negatiewe energie uit wat negatiewe mense en gebeure na u aanlok.
9. Die Kosmiese Wet van Ewigdurende verandering van energie. Dié Kosmiese Wet bepaal dat elke persoon oor mentale breinkrag beskik om sekere (nie alles nie) omstandighede in sy of haar lewe te kan en mag verander. Hoër vibrasies verbruik en verander laer vibrasies na hoër vibrasies. Dit gaan oor keuse, wilskrag en mentale insetsels om veranderinge teweeg te bring.
10. Die Kosmiese Wet van Betreklikheid. Dié Kosmiese Wet bepaal dat elke persoon aan `n reeks ‘uitdagings’ rondom die vermoë van ‘inisiëring’ blootgestel sal word, met die doel om die Lig binne in die sélf te versterk. Let op, dis uitdagings, nie toetse, versoekings, of probleme nie. Ons moet deurentyd tydens sulke ‘uitdagings’ aan ons innerlike gevoel, (ons verbintenis met die Allerhoogste) gekoppel bly, ten einde uitdagings suksesvol en in harmonie met alle Kosmiese Wette oorwin te kry. Vergelyk u eie uitdagings aan die van ander. U sal sien dat daar altyd ander mense is, wie se uitdagings baie erger en meer ingewikkeld is, as u eie uitdagings. Sien uitdagings in die regte perspektief en u gaan baie minder stres en depressie ervaar.
11. Die Kosmiese Wet van Polariteit. Dié Kosmiese Wet bepaal dat alles aan `n Kontinuum gekoppel is en `n ‘opponente’ kant het. Dink aan `n magneet, die aarde se pole, ensomeer. Ons kan dié Kosmiese Wet gebruik deur op die teenoorgestelde van dit wat ons pla, of dit wat ons ervaar te fokus en daarop te konsentreer. As u negatief voel, oortuig uself dat u nie negatief wil wees nie, maar positief wil wees en bly op positiwiteit gefokus, dan word u baie vinnig positief. U kan slegs dit wees wat u uself toelaat om te wees.
12. Die Kosmiese Wet van Ritme. Alles vibreer en beweeg in sekere ritmes. Hierdie ritmes bepaal die Seisoene, dag en nag, Lig en Duisternis, die uitstyg en verval van volkere en vele meer. Onthou u die gesegde van ‘alles wat is, was al gewees en sal weer wees’?
13. Die Kosmiese Wet van Geslag. Alles wat bestaan, sienlik en onsienlik is gekoppel aan dié Kosmiese Wet en bestaan uit `n manlike en `n vroulike komponent. Dink aan die Yin en die Yang. Dié Kosmiese Wet is een van die hoekstene van die totale Skepping. Ons taak is om die manlike en vroulike energie binne in ons self te balanseer, sodat ons in harmonie met die hart klop van die Kosmos kan vibreer.

Nou is die volgende vraag: “Respekteer u en lewe u in harmonie met Moeder Natuur en die planeet Aarde ?”

Daar is verskeie ander Sub Kosmiese Wette, ongeveer 21 van hulle, wat meer op die mens se persoonlikheid en karakter van toepassings is. Karakter en persoonlikheid is deel van dit waarmee elke indiwiduele Wese se komponente ‘gelaai’, of toegerus is vir elke indiwiduele Wese se Godgegewe take op aarde. Van dié Wette sluit onder andere in:

1. Geïnspireerdheid om die Wese self eerste te ontwikkel tot Volmaakte Verligtheid. Wanneer `n bokkie gebore word, is sy eerste ingebore wilskrag om te oorleef. Hy sorg dat hy vinnig by sy ma se spene uitkom en drink dan gulsig aan die warm melk. Hy moet oorleef. Alle diere funksioneer op dié manier. Die mens as Wese (Kroon van die Skepping) word nie slegs gebore om te oorleef nie. Die mens, die ware u (Wese in die liggaam van vlees en bloed) is geprogrammeer om ten eerste op u eerste Godgegewe taak te fokus. U eerste Godgegewe taak is om u eerste stel sintuie (die Christendom ken dit as die sesde sintuig) naamlik die sintuie van u Wese (gees) te ontwikkel, sodat u vir die res van u lewe in `n aardse liggaam van vlees, in staat kan wees om met u Maker, u Vader in tweerigting kontak te bly. Daarom speel klein kindertjies met maatjies wie nie deur hulle ouers gesien kan word nie. Die eerste stel sintuie is oop en die kind ontwikkel dit. Hy sien, hoor en voel al klaar Wesens in ander demensies aan, wat sy ouers tien teen een nie eers verstaan nie, wat nog te sê self kan doen. Sulke oningeligte ouers noem hierdie aksies van die kind, ‘verbeelding’ en as die ‘verbeelding’ handuit ruk, word die kind vermaan om nie meer met die onsigbare maatjie te speel nie. Dit maak ma en pa bang en ma glo haar kind is dalk sielsiek. Ma sal selfs dié eerste Godgegewe taak van die kind, om sy eerste stel sintuie te behou só teenwerk, dat sy iemand sal inroep om dit weg te bid! Hoe dwaas kan mense nie wees nie nê?
2. Welsyn. Welsyn is `n benaming wat die lewens kwaliteit van iets, of iemand aandui. Indien die welsyn van iets waaroor u as ‘mens’, die Kroon van die Skepping aangestel is, byvoorbeeld plante, diere, die natuur in geheel, uitsterwende spesies, ensomeer in gevaar is, help dan soos u sedert die begin van die mens opdrag voor gekry het om te doen. Praat namens hulle wie nie vir hulle self kan praat nie. Doen iets om die omstandighede en welsyn van daardie lewende iets te verbeter. Indien die welsyn van enige iets versleg as gevolg van vroeëre menslike ingryping, is dit die mensdom te taak om dié afname in welsyn te herstel. Moet net nie welsyn sien as die instansie wie mense wie behoeftig is help nie. Dit is nie wat die Kosmiese Wet van Welsyn definieer nie. Elkeen vir homself, sodat die sterkste kan oorleef.
3. Meegevoel. Ek sien baie negatiewe dinge om my gebeur en veral waar diere en plante betrokke is, ontstel dit my geweldig. Ek het meegevoel met elke soldaat wat veg vir Reg en Geregtigheid, maar nie vir soldate wie vir korrupsie en misdaad se voortbestaan veg nie. Indien `n volk of nasie weens onkunde ten gronde gaan, aanvaar ek dat dit so moet wees. Die sterkste sal oorleef. Om `n houding te hê dat ons met alles en almal wie soos mense lyk(?) meegevoel moet hê, omdat ons nie mag veroordeel nie, is nie waar nie. Indien u die Kosmiese Wette ken, sal u uit beoordeling weet of `n volk of ras dit verdien om uitgewis te word, of nie. Dan gaan u nie teen die Hand van die Allerhoogste optree en daardie volk of ras help om te oorleef nie. Onkruid moet verbrand word. Wat is onkruid? Elke een wie die mens se behoeftes en wil, bó die wil van die Allerhoogste stel en wette wat teen die Kosmiese Wette indruis skep en aanhang, met die doel om die Kosmiese Wette van die Allerhoogste te verdring en te probeer vernietig, soos onkruid aan `n mooi tuin doen. Dan lê my fokus van ‘meegevoel’ by die goeies wie verdruk gaan word ter wille van die onkruid wie aangehelp word om te oorleef. Die goeie in die tuin kan gebruik word, die onkruid nie. Kry dan meegevoel met die goeie wie verdring gaan word en skoffel die onkruid uit! Nie andersom nie.
4. Waagmoed. Indien u iets wil doen wat met die Kosmiese Wette harmonieer, doen dit. Moenie lafhartig wees en die Allerhoogste verloën, omdat u nie waagmoed (dapperheid) het om Sy Kosmiese Wette bo die van ander wette te verdedig en aan te kleef nie. Waagmoed het nie met vleeslike uitdagings teen mekaar te doen nie. As u teen `n onoorwinlike oormag te staan kom, vlug! Die natuur leer u so. `n Bokkie verdedig homself nie teen `n leeu wat hom wil vang en doodmaak nie, hy hardloop weg. Kastige dapperheid(?) om in vlees teen u groter opponent te baklei, is roekeloos en selfvernietigend, nie bravade nie. Dis dwaasheid. Waagmoed is om voluit te doen wat u gekom het om as Wese vir u Maker, die Allerhoogste te doen.
5. Doelgerigtheid. Doelgerigtheid kan tweedelig aangewend word, maar onthou, u Godgegewe taak as Wese kom altyd, sonder uitsondering eerste. Doen u eerste taak effektief. Daarna kan u, u tweede taak effektief uitvoer.
6. Geloof. Glo, is sien. Wanneer u in iets realisties glo, sal u dit sien en dit sal realiteit in u lewe word. Glo u nie daarin nie, is dit steeds realiteit in u lewe en u gaan dit nie kan oorwin nie. Om te ‘glo’ beteken om in iets te glo wat u nie kan sien nie, maar u hoop dat dit daar sal wees wanneer u dit nodig kry. Ek en baie ander glo nie, want ons kan nie in iets glo wat ons elke dag in realiteit mee te doen kry nie. Dit is reeds realiteit in elke dag se bestaan. U moet oortuig wees dat iets bestaan, want dan werk daardie ‘iets’ vir u, anders is daardie ‘iets’ steeds daar, maar dit werk nie vir u nie. By my beteken geloof, om die Allerhoogste te vertrou met alles waaroor my lewe gaan.
7. Vergewensgesindheid. Ek gooi niemand met klippe nie. Speels ja, maar nie te ernstig nie. Ek glo elke ou het gekom om `n unieke pad te loop en as u gekom het om `n reeksmoordenaar te wees, moet u dit doen, sodat ander iets daaruit kan leer. Gaan kyk maar gerus waarom alles wat ‘gross’ is gebeur soos dit gebeur. Optrede van die mens, die Kroon van die Skepping, het elke so `n gebeurlikheid ‘getrigger’ om te gebeur. `n Oortreding van `n Kosmiese Wet het dit ‘getrigger’. Wat gesaai is, moet gemaai word. Waarna gesoek is, sal gekry word. Ek kan mos nie vir `n rewolwer kwaad wees, omdat iemand hom self met daardie rewolwer geskiet het nie. Leef volgens die Kosmiese Wette en ons sal nie moeilikheid hê nie. Lees Deurt. 28 en 29 se Seëninge en Vervloekinge en u sal iets daaruit leer.
8. Mededeelsaamheid. Wat ek hier doen deur hierdie boek van Wysheid saam te stel, is `n voorbeeld van mededeelsaamheid. Ek deel my as Wesen se Wysheid met u wie hier lees. Hierdie boek gaan oor hulp aan ander om ook, indien hulle deur die Allerhoogste daartoe gemagtig is, op Spirituele gebied te kan ontwikkel. Bygesê, as hulle wil. Baie mense vervals die term ‘mededeelsaamheid’ deur voor te hou dat dit met aardse besittings verband hou. Elke volwasse dier eet self. Ander diere pluk nie gras, of vang prooi en druk dit in ander diere, wie nie kan eet of jag se keel af nie. Dis teen die Kosmiese Wet wat bepaal dat die sterkste moet oorleef, nie die swakkes nie.
9. Genade. Genade het niks met vergewensgesindheid deur die Allerhoogste te doen nie. Die Allerhoogste bepaal dat wat u saai SAL u maai en Hy is nie onregverdig nie. Die feit dat die Allerhoogste ons as Weses, só perfek toerus met alles wat ons op aarde vir ons Godgegewe take gaan nodig kry, sodat ons niks kortkom nie, is Genade. Die Gawe van Meditasie is Genade.
10. Eerlikheid. Is u eerlik met uself, u gedagtes, u gewete? U moet teenoor uself eerlik wees, anders sal u nooit met die Allerhoogste en Sy Bewaarders, of u Guide eerlik kan wees nie. Is dit wat u elke dag dink, ervaar, beplan, oordink en doen só, dat u dit hardop, voor almal, sienlik en onsienlik sal dink, doen, beplan, ensomeer, sonder om skaam te wees? Dan is u eerlik, anders nie.
11. Hoop. Dit help nie u hoop op iets wat nooit gaan realiseer nie. In Spirituele of Wesenlike terme beteken ‘hoop’, om verseker te wees dat u sal kry wat u moet kry, hetsy u `n Engel in menslike liggaam is, en of `n Wese in menslike liggaam. U weet net nie altyd wanneer u wat gaan kry nie, maar kry sal u kry wat u benodig. Hoop en ‘geloofsvertroue’ is naby aan mekaar. Wanneer u twee Godgegewe take se ontwikkeling naastenby eweredig verloop, sal baie meer benodighede van die twee take op aarde realiseer as `n Seëning uit die Hand van die Allerhoogste. Sien weer die Kosmiese Wet van Verdienste.
12. Vreugde. Vreugde en oorwinning gaan hand aan hand. As u weet wat Weselike en fisiese oorwinning is, weet u wat vreugde beteken. Weselike oorwinning beteken om te weet dat u eerste taak as Wese, om Spiritueel te ontwikkel op datum is en nie onderontwikkeld is nie. Fisiese oorwinning is om te weet dat u fisies in die regte beroep is waar u moet wees, in die regte vriendskappe en verhoudings volgens die Raadsplan van die Allerhoogste. Dan is u gelukkig en straal u vreugde uit.
13. Goedheid. U ervaar goedheid wanneer u in harmonie met die Kosmiese Wette en die totale heelal lewe. Dit is waaraan u ‘goedheid’ meet. Indien Goedheid na die Godheid verwys, beteken goedheid Godelike Seëninge. Seëninge is nie altyd iets waarvan ons hou nie. Pyn, siekte en swaarkry op fisiese gebied, is altyd `n Seëning indien u slegte Karma het om af te werk en deur swaarkry werk u Karma af. Die kans om Karma af te werk is al klaar `n Seëning, as u Karma verstaan.
14. Leierskap. Leierskap is nie om `n Baas te wees, wie oor ander mense aangestel is nie. Leierskap bevorder u nooit tot `n baas nie. Leierskap is altyd bokant enige Baas verhewe. Leierskap het te doen met die Wese se vermoë om `n leier in Wese, of Wesen hier op aarde te wees én in die hiernamaals wanneer u na voltooiing van u lewe hier, terug gaan na u Skepper. Wie lei u elke dag? JAWE, prys Sy naam lei u elke dag. Deur wie lei Hy u? Deur Sy Engele en die Bewaarder(s) wie Hy oor u aangestel het. Mense wie Leiers (nie verleiers of ‘Base’ nie) op aarde is, is so in Wese geprogrammeer om leiers te wees. Onthou net, die Spirituele weg eerste! Wees daar `n leier en leef u leierskap uit.
15. Nie intervering met die Kosmiese Raadsplan van die Allerhoogste. Dit is een van u primêre Godgegewe Take om die Kosmiese Wette en die realiteit en werking van Karma te leer ken. Indien u sommer net iemand help wie nie gehelp behoort te word nie, neem u daardie persoon se kans weg om Karma af te werk en dit gaan teen u as Wese tel wanneer u terug is by die Allerhoogste. Moet ook nie `n besluit neem wat teen `n Kosmiese Wet indruis nie, want dan werk u téén die Raadsplan van die Allerhoogste. Ouers (voogde) wie hulle kinders dwing om teen die kinders se keuse `n spesifieke geloof of Godsdiens aan te hang of aan te neem, werk teen die Raadsplan van die Allerhoogste in en bou sodoende baie negatiewe Karma vir hulle self op. Dieselfde met ouers wie vooraf besluit wat hulle kinders eendag gaan word, bedoellend die beroep wat die kinders volgens die ouerlike voogde sal volg (Jack Tarr en Seun). Ouers wie hulle kinders, nadat die kinders klaar met skool is finansieel bly instop en help tree teen die Kosmiese Wette op en tender vir baie groot probleme. As sulke kinders kan werk, maar ouers bly help en instop, beroof hulle sulke kinders van die reg om self te oorleef en sterk te word. Dis teen die Raadsplan van die Allerhoogste. Die sterkste moet oorleef, nie die swakkes en die wie te lui is om te werk nie. Eerste wêreld mense is veronderstel om werk te skep, nie werk te soek nie.
16. Geduld. Al weet u iets wat u gevra het sal in vervulling gaan, wees geduldig. Ons is baie keer te haastig dat ons planne in rat moet skop. Ongelukkig vir ons haastiges, maar niks sal gebeur, voordat die tyd nie daarvoor reg is nie. Tyd is buitendien illusie wat nie bestaan nie. Wees geduldig. Waaraan dink u nou? Aan aardse planne? Nee, ek praat van alle planne rondom u Wese se samestelling en die oopmaak van Gawes en talente, u Spirituele groei en vordering. Dis waaroor geduld gaan.
17. Lofprysing. Alle eer en lofprysing kom die Allerhoogste alleen toe. Alle ander Gode en Engele is instrumente in die hand van die Allerhoogste, net soos enige menslike Wese `n instrument in Sy hand is. Moet dus nie Sy lofprysing wat Hy verdien steel en dit aan ander gelowe se Gode opdra nie. Dink aan u tafelgebede. “Seën die hande wie dit voorberei het en maak ons dankbaar daarvoor.” Die Seën, eer en lofprysing kom nie die hande toe wie die kos voorberei het nie, maar aan Hom wie die voedsel uit die aarde laat voortkom het. Hy, die Allerhoogste het aan mense verstand gegee om dit te kan bewerk. Alle eer en lofprysing in alle opsigte kom altyd die Allerhoogste toe, nie mense of ander Gode nie. Die Allerhoogste het nie verniet hierdie besondere titel nie. Géén God is hoër as die Allerhoogste JAWE, prys Sy naam nie. Uit Hom uit het alles wat bestaan, hier en in alle demensies, sienlik en onsienlik ontstaan en Hy is die Hoof oor alles, nie die Bybel gode en verhoersels agter wie mens deur die eeue aangehardloop het nie.
18. Verantwoordelikheid. U eerste verantwoordelikheid lê daarin om toe te sien dat u, u Godgegewe eerste taak (die van die vordering van die Wese) altyd u eerste prioriteit maak. Tweedens kom u Godgegewe tweede taak, naamlik om die werk te doen, of die loopbaan te volg wat Hy u voor geroep het om te kom doen. Daarna kom u eie self opgelegde take en ander aardse belangstellings. Ouers se eerste verantwoordelikheid is daarin gesetel om alle Wysheid van alle Godsdienste en gelowe aan hulle kinders bekend te stel, sodat die kind daaruit kan kies. Die kind sal aangetrokke voel tot die keuse wat hy of sy geroep is om uit te voer.
19. Self Liefde. Waarom moet u uself liefhê? Want u as Wese is met `n onsienlike naelstring verbind aan u Skepper en as Sy liefde, dié Liefde in u is, is u lief vir uself, omdat Hy deel van u Wese, u denke, u dade, u alles is, dag en nag. Baie Spiritueel gevorderde mans hoor gereeld verwyte van hulle vrouens af, dat Spirituele ontwikkeling al is waarvoor die man tyd het. Só `n man is beslis met die verkeerde vrou getroud.
20. Dankbaarheid. U eerste dankbaarheid kom die Allerhoogste toe. U is `n verlengstuk van die Allerhoogste. Die feit dat Hy Almagtig is, dié Allerhoogste is, Alwetend is, en vele meer, laat u dankbaar word vir elke iets wat oor u weg kom en wat met u gebeur, goed en sleg. U dink dalk iets wat met u of u geliefdes gebeur is sleg, maar gaan meet u hele bestaan op alle gebiede aan die Kosmiese Wette en u sal verstaan waarom met u of u geliefdes gebeur soos dit gebeur. Die Allerhoogste weet wat Hy doen en die Allerhoogste sal nóóit van Sy eie ingestelde Kosmiese Wette afwyk nie. Hy weet wat goed is vir u , al verstaan u dit nog nie. Leer die Kosmiese Wette en u sal saamstem, alles wat met u gebeur IS goed en gebeur ten goede van alles om u.
21. Onvoorwaardelike Liefde. Daar is net een onvoorwaardelike liefde en dit is dié Liefde wat u aan die Allerhoogste verbind. As Sy Liefde in u is, weet u dat elke Wese wie die Christus (toestand) in hom of haar het, deel van u is. As Sy Liefde in u is, ken u, u soort, Sy soort en u kan hulle tussen die onkruid uitken. Weses en Wesens van die Donkerkant, wie in menslike liggame tussen ons woon, wie die Kosmiese Wette verag, is onkruid. Fokus u liewer op hulle in wie Sy liefde is en wie Sy Wette hou om dit te doen en nie op hulle wie teen Sy Wette, die Kosmiese Wette werk, of menslike wette bó die Kosmiese Wette van die Allerhoogste stel nie. U liefde sal neig om soos Syne te wil wees. U ken die verskil en u sal Liefdevol en warm wees teenoor Hom en Sy kinders om u, nie lou, of koud nie. U Liefde teenoor Hom moet onvoorwaardelik wees, soos Sy Liefde teenoor u as Sy kind onvoorwaardelik is. U liefde is óf vir Hom, of teen Hom. U kan nie verklaar dat u Hom liefhet, maar u werk mee deur u met onkruid te versoen, of ander gode aan te kleef en hulle te aanbid nie. Die Allerhoogste is nie enige ander God nie. Daar is baie mense wie tot die Bybel Gode en gode bid, maar hulle noem dié gode JAWE, prys Sy naam, asof die Bybel Gode en gode en JAWE, prys Sy naam, dieselfde God is. JAWE, prys Sy naam, doen nie die werke van hierdie Gode en gode nie. Sien my Boek getiteld, Christenskap, Trots, of Skande?

Hier volg `n Lys van die Sewe Grootste Sondes gekoppel aan Sewe van Satana se Prinse, elk aan die hoof van een Sonde.

Lucifer: Trots.
Mammon: Gierigheid, suinigheid en hebsug.
Asmodius: Wellus, begeerte en onkuisheid.
Satana: Kwaad, Boos en rebellie.
Beelzebub: Gulsigheid, vuilheid. (Lord of the Flies).
Leviathan: Jaloesie én om ander mense geluk of iets te misgun.
Belpegor: Luiheid of traagheid.

Toekomsvoorspellings en of toekoms ontleding/verwagtinge….
Ernst P Jordaan woon tans te Volenta La Wa, agter Roesta La Wa in Johannes Rabie straat 28, Wilgehof, Bloemfontein, Suid-Afrika, waar persoonlike konsultasies met belangstellende kliënte in toekomsvoorspelling en of enige van die bogenoemde wetenskappe na-ure gevoer word. Ernst Jordaan is beskikbaar te 0837694207 Kliënte kan per pos, of per e-pos bedien word. ERNST.JORDAAN@mangaung.co.za, of epjordaan@wepsoerantre.co.za.
Indien ‘n kliënt nie te Johannes Rabiestraat 28 Wilgehof Bloemfontein gekonsulteer kan word nie, is daar ander maniere beskikbaar om dieselfde dienste aan u te verskaf. Ernst word daagliks deur mense regoor die wêreld gekontak om toekomsvoorspellings vir mense en of diagnoses rondom getoorde besighede, mense, ensomeer via E-pos of telkefonies deur te gee.
Ernst Jordaan was President van die eertydse Suid-Afrikaanse Instituut vir Religieuse en Mistieke Wetenskappe en Snr. lektor in Astrologie, Numerologie, Tarotkaarte, Kristalbal, Kristal pendulum, Sacred Space, opklaring van Goëlery, Toordery, Cheiromantiek, Fisionomiek, en Grafologie.
As Esoteriese Geneeskundige spesialiseer hy en behaal hy buitengewone sukses in Chakra balansering, deur die aanwending van Engele Mantras, Klankterapie, Kleurterapie en geheime remedies wat hy van die Engele af ‘gechannel’ het. Hy was lid van die COUNCIL OF MAGICAL ARTS in Amerika met spesiale eerbewys van die ‘SPAIN ACADEMY of OMNISCIENCE’.
Ernst P. Jordaan is op Meestersvlak gekwalifiseer in Esoteriese Geneeskunde en spesialiseer in die Tibetiese tegnieke van Chakra Balansering en Genesing. Dié metode is totaal uniek in Suid-Afrika en bevat Engele Mantras en ander unieke komponente wat u nie elders in Suid-Afrika sal kry nie. Lees gerus verder….

Back to Top